Kenridge Primary School
Grade 5


Important Dates Term 1 2012
Belangrike Datums Kwartaal 1 2012


Welcome to Grade 5 where we strive to give EVERY CHILD EVERY CHANCE EVERY DAY!   
 
Thank you for entrusting your children to our care.  Here at Kenridge we are passionate about what we do.

I am very privileged to have a wonderful, energetic and caring group of teachers to work with.  The Grade 5 team consists of:  Stella Badenhorst, Jacobus de Waal, Wendy Isaacs, Julie Hechter, Ross de Goede, Jodene Weir and Marian van Laeren.   We are enjoying getting to know your children and will always strive to do what is best for them. This is why we support an open door policy between parents and teachers.  If you have a problem, please make an appointment with the relevant teacher and come and discuss it.  Together we will try to find a solution.
 
We are very proud of our school.  We expect our learners to look neat at all times.  Please ensure that your child is correctly dressed.  We wear sports clothes on Phys Ed days. We do not mix Phys Ed clothes with the normal uniform. Eg: The learners may not wear the school jersey with their Phys Ed clothes.  Boys must have a badge on the shirt pocket.  Please ensure that all items are clearly marked with their names.
 
We aim to teach your children to be responsible for their behaviour and possessions.  It is their responsibility to bring the necessary books, togs, etc. to school.  Train them to pack their bags the night before.  They need to use the checklist in their homework diaries to ensure that nothing has been forgotten.  This soon becomes routine and removes much stress from the morning rush.
 
The learners at this age are like little “sponges”.  They soak up knowledge (both good and bad) at an amazing rate.  With this in mind, I would like to urge you to please control their TV viewing/ computer games and even the books they are reading.  There are the most unbelievably unsuitable programmes on TV during times you would think it safe for them to watch!
 
Please watch their bedtime.  8 pm is a suitable time for someone of their age.  They cannot cope with a full day at school if they regularly go to bed late. They are otherwise very lethargic and sleepy in class the next day.
 
Any money being sent to school must please be in a clearly marked envelope. Please write the learner’s name, grade and what the money is for on the envelope.  Please also include the correct amount as we do not have change.

OUTINGS:
Our first outing of the year will be to the Tygerberg Nature Reserve. 
31 January 2011:    5 MV & 5 RD
1 February 2011:    5 JH & 5JW
2 February 2011:   5 SB & 5 JD
3 February 2011:   5 WI

We have two further outings in the 2nd term –the Castle of Good Hope in Cape Town and the Dorpsmuseum in Stellenbosch.  We end the 3rd term with our very popular Medieval Day.
 
Our main outing of the year is our SOS camp in Villiersdorp.  This takes place early in November.  You will be notified nearer the time about the costs involved and payment options for  these various activities. 
 
Once again I would like to thank you for your involvement. Together we shall make this an awesome year, one your children will always fondly remember.  I end with this quote:
“Education is what survives when what was learnt has been forgotten.”
Let’s give EVERY CHILD EVERY CHANCE EVERY DAY!  

M.A. van Laeren
Grade Head


Term Planner 4 2011
Grade 5 Homework Policy - 2011
November Exams Learning Content
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Welkom in Graad 5 waar ons daarna streef om ELKE DAG VIR ELKE KIND ELKE KANS te gee!   

Dankie dat julle jul kinders aan ons toevertrou het. Hier by Laerskool Kenridge is ons passievol oor ons werk.

Ek is baie bevoorreg om met ‘n wonderlike, energieke en sorgsame groep onderwysers te werk.  Die Graad 5 bestaan uit: Stella Badenhorst, Jacobus de Waal, Wendy Isaacs, Julie Hechter, Ross de Goede, Jodene Weir en Marian van Laeren.   Ons is besig om julle kinders te leer ken.  Ons streef daarna om te alle tye in die beste belang van die leerders op te tree.  Ons deur staan oop vir ons ouers.  Wanneer ouers ‘n skoolverwante probleem het, moet hulle die vrymoedigheid neem om ‘n afspraak met die betrokke onderwyser/es te maak om dit te bespreek en saam ‘n oplossing daarvoor te probeer vind.

Ons is baie trots op ons skool.  Ons verwag dat ons leerders te alle tye netjies en korrek geklee sal wees.  Die leerders dra bv. sportklere wanneer hulle Liggaamlike Opvoeding het.  Hulle mag nie hul sportuitrusting en gewone skooldrag meng nie.  Hulle mag bv. nie ‘n skooltrui by sportklere aantrek nie.Die seuns moet die skoolwapen op hul hempsak hê.  Maak asseblief seker dat die leerder se naam duidelik op alle items aangebring is.

 Ons doel is om verantwoordelikheid ten opsigte van selfdissipline en hul besittings te kweek.  Dit is die leerders se verantwoordelikheid om die nodige boeke/sportklere/ens. skool toe te bring.  Hulle moet die gewoonte om die vorige aand/middag hulle sakke te pak, aanleer.  Hulle moet hulle afmerklys gebruik om seker te maak dat niks vergeet word nie.  Dit word gou roetine en verlig die stres wat die oggend gejaagdheid meebring.

Op hierdie ouderdom is die leerders soos sponse.  Hulle absorbeer kennis, goed en sleg, teen ‘n fenomenale tempo.  Dit is dus belangrik dat ouers die leerders se TV programme, rekenaarspeletjies en selfs hulle leesboeke kontroleer.  Daar is heelwat programme wat onskuldig voorkom, maar nie geskik is vir die leerders nie.

Dit is belangrik dat die leerders ‘n goeie nagrus kry.  8-uur is vir hulle ‘n geskikte tyd om bed toe te gaan.  ‘n Vol skooldag raak gou-gou te veel vir ‘n energielose, vaak leerder. 

Alle geld moet in ‘n duidelik gemerkte koevert skool toe gestuur word.  Skryf asseblief die leerder se naam, graad en die doel vir die geld op die koevert.  Sluit asseblief die korrekte bedrag in aangesien ons nie kleingeld het nie. 

UITSTAPPIES:
Ons eerste uitstappie is na die Tygerberg Natuurreservaat. 
31 Januarie 2011:    5 MV & 5 RD
1 Februarie 2011:    5 JH & 5JW
2 Februarie 2011:   5 SB & 5 JD
3 Februarie 2011:   5 WI

Daar is twee uitstappies in die 2de kwartaal:  ‘n Besoek aan die Kasteel van Goeie Hoop in Kaapstad en ‘n besoek aan die Dorpsmuseum in Stellenbosch.  Ons sluit die derde kwartaal af met die immer gewilde Middeleeuse Dag.

Ons belangrikste uitstappie hierdie jaar is die SOS kamp in Villiersdorp.  Dit vind vroeg in November plaas. Nader aan die tyd sal ons julle verder inlig oor die koste wat die uitstappie behels en die betaalopsies.

Ons is baie afhanklik van u betrokkenheid en samewerking.  Saam kan ons hierdie jaar ontvou in ‘n wonderlike leerervaring met onvergeetlike herinneringe vir elke kind.  Ek sluit af met die volgende aanhaling:

“Education is what survives when what was learnt has been forgotten.”
“Opvoeding is dit wat oorbly nadat dit wat geleer is lankal vergete is”

Kom ons gee vir ELKE KIND ELKE DAG ELKE KANS!
M.A. van Laeren
Graadhoof
 

Kwartaal Beplanner 4 2011
Graad 5 Huiswerkbeleid - 2011

 

Tygerberg Nature Reserve Trip

alt
Being taught how to spit ‘Bokdrolle!’

alt
We know that people used  cannons to signal when ships arrived in the bay.

alt
Meeting the resident tortoise…George!

 

Stationery 2011 / Skryfbehoeftes 2011 
June exams learning content 2011