Kenridge Primary School
Grade RR

FLEDGLINGS

At Fledglings we cater for 4 & 5 year olds in a warm, stimulating environment in which children are encouraged to work at their own pace towards their own potential. By limiting the size of each of these classes, our well-qualified educators are able to give each learner individual attention.

Essential life skills are developed through discussion and the opportunity for experimentation and discovery. We continually provide stimulation for the development of fine and gross motor control, visual and auditory perception and body and spatial awareness. We never lose sight of the fact that creativity is more important than the final result. We work from the known to the unknown.

The daily programme includes:

  • Theme related discussion
  • Language and maths concept development
  • A wide range of creative activities
  • Music and movement
  • Construction
  • Fantasy play
  • Perceptual games
  • Stories


The role of play is vital to a child’s social integration and physical development, so our timetable allows sufficient time, both indoors and out, for this. Children are also taken on educational excursions.

By developing in the child a positive self-image, we aim to promote independence, self-confidence and self-sufficiency. We emphasise the social skills of etiquette, friendship, courtesy, empathy, sharing, co-operation and justice. These skills enable our learners to enjoy their year in the Reception Phase.

During the school morning the following optional extra-mural activities are offered by outside professionals: Music Enrichment, Playball and Click-a-Mouse.

We have bi-annual fundraisers, a tea and song morning for the mums and grans and, the highlight of our year, our end of year nativity concert.

The Fledglings year introduces the child to the joy of learning and provides a sound foundation for future education.

We look forward to welcoming you and your child to our school and hope that our association will be happy and productive.

School Hours

Our official school hours are 08:00 - 12:15. Our gate will be opened at 07:45 every morning to accommodate working parents. Please note that the classrooms will be out of bounds until this time. Even though the educators get there earlier, we need time to prepare our classrooms without interruptions from excited little people or having to attend to injuries. Learners must be at school no later than 08:15 so as not to disrupt school routine. We request that you collect your child promptly at 12:15 because our classrooms have to be prepared for the aftercare learners.

Fledglings follows Kenridge Primary School's calendar. School starts on Wednesday, 13 January 2010. For the first two weeks our hours will be shorter to give our new learners a chance to adjust to the school morning.

1st week: 08:00 - 11:00 (13 January - 15 January)
2nd week: 08:00 - 11:30 (18 January - 22 January)
3rd week & onwards: 08:00 - 12:15

Aftercare

A limited number of Aftercare vacancies are available. Please direct all enquiries to Petra Gustafson (021) 976 4048.

Parking

Access to Kenridge Fledglings is from the large car park off Tygerbergvalley Road. Please ensure that our gate is always closed behind you. Driving into the school grounds is not permitted.

Enrolment Packages:

The Enrolment Package for Fledglings, Gr R and Gr 1 is on the school's website (www.kenridgeprimary.co.za). Click on School Matters.


alt                                    alt


alt                                    alt


FLEDGLINGS

By Fledglings maak ons voorsiening vir 4 en 5-jariges in 'n vriendelike, stimulerende omgewing, waar hulle aangemoedig word om volgens hulle eie potensiaal, binne 'n bepaalde raamwerk, te ontwikkel en te presteer.

Noodsaaklike lewensvaardighede word ontwikkel deur middel van besprekings en geleenthede om te ontdek en te eksperimenteer. Ons verskaf deurlopende stimulasie vir die ontwikkeling van fyn en groot motoriek, visuele- en ouditiewe persepsie en om fisiese en ruimtelike oriënterings bewustheid vas te lê.

Ons hou altyd in gedagte dat kreatiwiteit (die daad) belangriker is as die eindproduk. Ons werk van die bekende na die onbekende. Die leerders is elke dag betrokke by:

  • 'n tema-bespreking
  • taal en wiskundige konsep ontwikkeling
  • 'n wye reeks kreatiewe aktiwiteite
  • musiek en beweging
  • konstruksie en verbeeldingspel
  • opvoedkundige speletjies en legkaarte
  • stories


Die rol van spel is van kardinale belang vir kinders se sosiale interaksie sowel as fisiese ontwikkeling, daarom maak ons rooster ook daarvoor voorsiening. Die leerders gaan ook op opvoedkundige uitstappies.

Deur die leerders aan te moedig om alles vir hulleself te doen, ontwikkel hulle 'n positiewe selfbeeld en is dit ons doel om onafhanklikheid, selfvertroue en selfstandigheid aan te moedig. Ons lê klem op sosiale vaardighede wat etiket, vriendskap, bedagsaamheid, empatie, mededeelsaamheid, hulpvaardigheid en regverdigheid insluit. Hierdie basiese vaardighede maak dit vir ons leerders moontlik om hul Graad R jaar ten volle te geniet.

Tydens skoolure word verskeie opsionele buitemuurse aktiwiteite deur professionele persone aangebied, naamlik: Musiekverryking, "Playball” en "Click-a-Mouse".

Ons het twee keer per jaar fondsinsamelings projekte en 'n sang- en tee-oggend vir die Mammas en Oumas. Die hoogtepunt van die jaar is ons Kersspel laat in November.

Fledglings is die wegspringblokke vir die leerders se skoolloopbaan. Ons laat hulle die genot daarvan ervaar om kennis te verwerf en ons bied hulle 'n goeie fondament vir die toekoms.

Ons sien uit daarna om jou en jou kind in ons skool te verwelkom en om dit die begin van 'n gelukkige en produktiewe toekoms te maak.

Skool ure

Ons amptelike skoolure is vanaf 08:00 - 12:15. Ons hekke sal elke oggend om 07:45 geopen word om werkende ouers te akkommodeer. Let daarop dat die klaskamers tot en met hierdie tyd nie beskikbaar is nie. Die onderwyseresse is gewoonlik vroeër daar om hulle klasse vir die dag voor te berei. Hulle moet dit kan doen sonder om deur opgewonde klein mensies onderbreek te word, of om beserings te versorg. Om die skoolroetine nie te verbreek nie, moet leerders teen 08:15 by die skool wees nie. Aangesien ons klasse vir nasorg voorberei word, versoek ons dat leerders stiptelik om 12:15 afgehaal word.

Fledglings volg dieselfde skoolkalender as die Laerskool Kenridge. Die skole heropen op Woensdag, 13 Januarie 2010. Gedurende die eerste twee weke is ons skoolure korter, sodat ons nuwelinge die geleentheid kry om geleidelik by die skoolroetine aan te pas.

1ste week: 08:00 - 11:00 (13 Januarie - 15 Januarie)
2de week: 08:00 - 11:30 (18 Januarie - 22 Januarie)
3de week & daaropvolgend: 08:00 - 12:15

Nasorg

Daar is 'n beperkte aantal plekke beskikbaar. Kontak Petra Gustafson (021) 976 4048 direk vir enige navrae asseblief.

Parkering

Toegang tot Kenridge Fledglings word verkry vanuit die parkeerterrein wat vanaf Tygerbergvalleiweg uitdraai. Maak asseblief seker dat ons hekkie te alle tye agter jou toegemaak word. Geen voertuie word in die skoolgronde toegelaat nie.

Inskrywingspakkette

Die Inskrywingspakket vir Fledglings, Gr R en Gr 1 is op die skool se webwerf (www.kenridgeprimary.co.za). Klik op School Matters.