"To read a book for the first time is to make an acquaintance with a new friend; to read it for a second time is to meet an old one." Anonymous, Chinese saying.
Our school library forms an integral part of the school and offers a service to both learners and educators. Nieteenstaande die belangrikheid van rekenaartegnologie, vorm boeke steeds 'n integrale deel van enige kind se lewe. We continually encourage and support a lifelong love of reading, as this develops the learners’ imagination and many other skills. It is important that children realise the great enjoyment and knowledge that lie between the covers of a book.
Die skoolbiblioteek beskik oor 'n voorraad van ongeveer 25 000 items, wat boeke en ander mediahulpbronne insluit. Die aanleer van navorsingsvaardighede vorm ’n belangrike deel van inligtingsvaardighede. At present there are 1 846 borrowers who make use of the facilities on offer. Computers with CD-ROM and internet facilities offer the opportunity for online research in the library, in addition to the numerous books available.
Afrikaanse Reeksboeke
Hier in die jare 2000, ontmoet ons weer ou vriende – Saartjie, Trompie, Maasdorp en Fritz Deelman. Baie ouers sal glimlag as hulle terugdink aan hulle kinderjare en watter genot hulle uit hierdie reekse geput het. Die nuwe geslag jong lesers is nou net so versot op hierdie boeke soos hulle ouers jare terug was. Leon Rousseau, medestigter van Human & Rousseau Uitgewers in 1959, was maar 20 jaar oud toe hy in 1956 die eerste Fritz Deelman-boek geskryf het. Nou, 50 jaar sedert die eerste uitgawe van die reeks, word dit weer uitgegee, gemoderniseer en met 'n baie aantreklike nuwe voorblad.
Daar is nou ook 'n paar nuwe reekse boeke wat ons kinders kan verslind. Die Thomas@-reeks geskryf deur Carina Diedericks-Hugo is baie gewild, veral ook onder die seuns. Die titels wil 'n mens sommer laat lees – "
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
", "
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
" en vele ander. Hierdie spanningsverhale wil jou laat lees tot by die laaste bladsy. Die Reënboogrant Maats en Reënboogrant Tieners reeks is baie gewild onder die meisies. Dan is daar nou ook vir ons perde maats, 'n pragtige nuwe reeks boeke, Stalmaats. Hierdie reekse is almal in die skoolbiblioteek beskikbaar. Lekker lees.
|