Kenridge Primary School
Recycling / Hernuwing

Please click here to view a short video about the new colour coded recycling bins at our school.

At our school, recycling is not just a side-line event, IT IS AN OCCASION! Every Monday morning, from 06:15 to 08:00, parents, teachers and learners recycle with vigour, passion and sweat! Recycling initially started at Kenridge Primary in 2000, with paper only.

recycling.jpg
 


At present we recycle paper, glass and cans. Kenridge is onder die top skole in ons streek sover dit hernuwing aangaan. Dit is met groot begeerstering dat die leerders Maandagoggende hul herwinning skool toe bring. We have purchased a number of items for the school with money that has been brought in through recycling, e.g. outdoor furniture, shelving, an athletics podium and trees.

Ons skool besef dat alhoewel herwinning 'n redelike maklike manier is om geld in te samel, is die belangrikste feit tog die beskerming en behoud van ons ekologie.

The gate at the Tygerbergvalley Road is open daily, so you are welcome to deposit your recycling at any time during the week. PLEASE ensure that you put your recycling INTO the specific igloo and not next to it! This gate opens from Tuesday - Friday at 07:15 and closes on theses days at 18:00.

We now also recycle polystyrene en plastic!

Any queries re Recycling, please contact Sandy Fourie at This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it


 --------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

RECYCLING NEWS / HERWINNINGS NUUS

See Bulletin for recycling results.

PUNTESTELSEL/ POINT SYSTEM
2 kg NEWSPAPER – 1 POINT   
5 MAGAZINES – 1 POINT
5 GLASS BOTTLES – 1 POINT  
10 CANS – 1 POINT
2 TELEPHONE DIRECTORIES – 1 POINT
2 kg CARDBOARD (must be flattened) – 1 POINT
1 LITRE OIL – 10 POINTS
Batteries & polystyrene  - NO POINTS.  We think with our hearts to help others!

 --------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

THE BEGINNER'S GUIDE TO RECYCLING / HERWINNING VIR BEGINNERS

Granny was right all along! By re-using her old gift wrap, crinkled foil and used teabags, she was already helping to preserve our planet all those years ago.

Hopelik is daardie tipe herwinningsbewustheid nie meer iets waaroor jy in jou mou lag nie. Want as jy nog nie herwin nie, behoort jy jou eintlik te skaam! Ons pragtige wêreld kan regtig nie al jou Pick 'n Pay sakke, bierbottels, koerante en babadoeke meer op haar skouers dra nie.

Besides the fact that you and your entire family are doing your part for recycling, your Kenridge learner is also getting points for all the recycling which you are collecting at home and then bringing to school. So, if you have not yet started recycling action, now's the time!

As jy 'n nuwe ouer is, of na al die jare as Kenridge-ouer nog nie mooi weet hoe om die ding te doen nie, lees gerus verder. Laerskool Kenridge se herwinnings-majoor, Sandy Fourie, gee hier eenvoudige antwoorde op ouers se vrae oor hoe om te herwin:

What can I recycle?alt

There are seven categories for recycling at Kenridge Primary: Paper, tins, glass and oil (for which your child can get points), polystyrene, printer cartridges and batteries outside Mr. Green's class.
Watter papier moet ek alles bymekaar maak?

Alles! Van Boeta se nuwe driewiel-boks tot oopgeskeurde koeverte, daardie spul irriterende pamflette wat by jou posbus uitloer en laasjaar se telefoonboek. Dis wat jy daarmee doen:

Tydskrifte: Gooi dit in die Tydskrif-igloo by die Herwinningsdepot by die hek in Tygervalleiweg - dit is die eerste igloo in die hoek links.

Newspapers: Throw them in one of the seven newspaper igloos.

Groot, dik kartonne: Vou dit plat op en pak dit in die hoek agter die Glas-igloos.

Thinner cardboard such as cereal boxes, tissue boxes and toy boxes: Fold flat and recycle together with your newspapers.

Weggooi papier en koeverte: Herwin saam met jou koerante.

Paper shopping bags: Fold flat and recycle together with your newspapers.

Glansbrosjures en pamflette: Herwin dit saam met jou tydskrifte.

Telephone directories: The school has a specific telephone directory project. Leave your directories behind the igloos, against the fence.

Wat tel alles as "blik"? En kan ek blikdekseltjies ook herwin?

Enige koeldrank, bier- of ander blikke is reg. Nee, moet asseblief nie die dekseltjies van glasbottels ook in die Blik-igloo gooi nie. En ook nie foelie of foeliebakkies nie.

What can I deposit in the black refuse bins at the depot?

Nothing! These bins are for the school's use - they are used for non-recyclable items of refuse.

Hoe herwin ek olie?

Enige olie wat vir kookdoeleindes gebruik word, kan herwin word - en dit is "herwinningsgoud" omdat jou kind 'n volle tien punte vir een liter olie verdien! Vetkoek of pampoenkoekies gebak? 'n Oom in die vis-en-tjips-besigheid? Wonderlik! Meet die olie af, tap dit in 'n houer, bring dit na die syhek (by die parkeerarea) en gaan in by die houthek met die "Oil Recycling" bordjie. Draai die skroefprop bo-op die groot oliekan oop, tap jou olie in, draai die prop weer styf toe en vat jou houer saam huistoe.

What should I do with printer ink cartridges?

Unfortunately these are not used to gain points for the learners. Please bring all your used cartridges to school and drop them in the container next to Sandy Fourie's classroom (turn left after entering reception; her classroom is the first one on the left.)

Moet ek al die houers wat ek herwin uitwas?

Ja! Eerstens lok vuil opgaargoed rotte na jou agterdeur toe. En tweedens is dit vir niemand by die depot lekker om jou orige mayonnaise en die laaste suur wyndruppels te trotseer nie. Spoel daardie bierbottel net vinnig uit en was die vleissous uit die polistireen-bakkie voor jy dit kom ingooi. Onthou dis nie 'n vullishoop nie, dis 'n herwinningsdepot. Daarom kan jy jou ou sigaretstompies en aartappelskille maar by die huis in die asdrom of verkieslik op die komposhoop gooi.

altWhat should I do if all the recycling igloos are full to the brim? Where do I then deposit my recycling?

The igloos are like bottomless pits! Keep pushing down and your magazines or bottles will find a place. Please do not put your black bags full of cans next to the igloos, thereby making them someone else's problem. Empty the bags and take them home to be re-used, or throw them in the plastic recycling bag if they are torn.

Daag Maandagoggend vroeg genoeg op en stel aan jou kinders 'n voorbeeld deur saam met hulle te sorg dat elke koerant en blik op die regte plek gebêre word. Herwinning kan 'n vuil saak wees en dit is vir niemand plesierig om ander mense se oorskiet op hul klere en hande te kry nie – selfs nie eers vir herwinningsfanatici nie!

Onthou ook, die leerders wat op Maandagoggende help, moet weer 8:00 in die klas wees. Moet asseblief nie om 7:59 van hulle verwag om jou sakke leeg te maak nie.

Can I reverse up to the recycling depot gate on a Monday morning, so that I can quickly drop off my recycling?

Yes, if you have a great deal of recycling! Reverse in, place your recycling as quickly as possible in the igloos and then leave. Please don’t park in front of the gate, as the depot should be fully accessible at all times. Hoe werk die puntestelsel?

Leerders verdien net punte vir die glas, papier, blikke en olie wat hulle herwin. Tel die punte al Sondagaand bymekaar, skryf dit in die huiswerkboek en teken daarby. As jy dit later inskryf, sal dit nie in berekening gebring word vir die kompetisie nie. Só werk dit:
 

2kg koerantpapier 1 punt
5 tydskrifte 1 punt
5 glasbottels 1 punt
10 blikke 1 punt
2 telefoonboeke 1 punt
2kg karton 1 punt
1 liter olie (slegs olie vir menslike gebruik) 10 punt


 

How can I measure my newspaper and waste paper at home, if I do not have a scale?

Do you have a plastic supermarket bag? Put as much paper as possible in the bag – when it is completely full, you will have approximately 2 kg of paper.

Tel ‘n klein botteltjie net soveel as ‘n groot bottel?

Ja. Vyf bottels van enige grootte tel saam een punt. Twee van Kleinsus se Purity-botteltjies, ‘n bierbottel, blatjang-bottel en wynbottel maak dus saam een punt – maak nie saak of hulle in grootte verskil nie.

Can I drop my recycling off on any day of the week?

Yes, you can recycle on any day of the week. The gates of the depot are open from 07:15 in the morning until 15:45 in the afternoon. You can add the points for your recycling to your child’s total for the following Monday morning.

Nog enige vrae oor herwinning by Kenridge? Kliek gerus op “Herwinning/Recycling” en lees meer. Of stuur jou vrae na  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
 en ons sal so vinnig as moontlik ‘n antwoord probeer plaas.