2027 GRADE 1 ENROLMENT PROCESS
All applications must be done on the WCED’s Admissions website (no hard copy applications to be submitted to the School).
Please click on the link below to register and apply online:
Please apply to the 3 closest schools to your residential address, and in order of preference on the system.
When applying to schools, all required WCED documents must be uploaded to the WCED Admissions website.
Please have the following documents ready to upload to the WCED Admissions website:
- Proof of residential address (only a municipal account or certified, valid lease agreement of 1 year will be accepted)
- Certified copy of learner’s birth certificate/passport
- Certified copy of ID document of biological parents
- Latest official school report (2025 term 1-4)
- Certified copy of immunisation card (Road to Health)
- CEMIS number of siblings (if already enrolled at Kenridge). The CEMIS number will be on the report card. Very important – please fill in the sibling details on the online application.
If the learner’s application was successful, certified hard copies of supporting documents must be delivered to the school within seven (7) school days of the parent(s) confirming the place at the school. The application is incomplete until all relevant supporting documents have been submitted to the school.
All Public Schools are required to adhere to the following WCED admission time frames:
- School admissions open on Tuesday, 10 March 2026. School admissions close on Tuesday, 14 April 2026
- Parents are informed of the outcome on 28 May 2026
- Parents must confirm or decline a place on the WCED website, as well as per an email to Kenridge Primary School, between 28 May 2026 and 15 June 2026
Please direct all enrolment enquiries to the Primary School at (021) 976-3046 or to Hanri Heystek (Enrolments) – admissions@kenridge.org.za
Any false or incorrect information submitted during the application process may result in your application being rejected and/or disqualified by the School’s Governing Body or the WCED.
Any enquiries regarding the WCED system can be sent to:
wced.admissions@westerncape.gov.za
_________________________________________________________________________________________
2027 GRAAD 1 AANSOEKPROSES
Alle aansoeke moet elektronies, op die WKOD se webtuiste, geskied (geen hardekopie aansoekvorms moet by Skool ingedien word nie).
Klik op die skakel om aansoek te doen:
Ouers moet aansoek doen by minstens drie van u naaste skole aan u huisadres en u volgorde van voorkeur, op die stelsel aandui.
Alle dokumente wat deur die WKOD vereis word, moet op die WKOD se toelatingswebwerf, opgelaai word.
Hou die volgende dokumente byderhand, wanneer u aanlyn registreer en aansoek doen op die WKOD webwerf:
- Bewys van residensiële adres (munisipale rekening of geldige en gesertifiseerde huurkontrak van 1 jaar sal aanvaar word)
- Gesertifiseerde afskrif van leerder se geboortesertifikaat/paspoort
- Gesertifiseerde afskrif van biologiese ouers se ID dokument
- Laaste amptelike skoolrapport ontvang (2025 termyn 1-4)
- Gesertifiseerde afskrif van immuniseringskaart
- CEMIS nommer van broer of suster reeds ingeskryf by Laerskool Kenridge. Die CEMIS nommer kan verkry word op die skoolrapport. Baie belangrik – vul asseblief broer of suster se besonderhede in op die aanlyn WKOD aansoek.
Indien die leerder se aansoek suksesvol was, moet gesertifiseerde afskrifte van stawende dokumente, binne sewe (7) skooldae, nadat die ouer(s) die plek by die skool bevestig het, by die skool afgelewer word. Die aansoek is onvolledig, totdat alle relevante, stawende dokumente by die skool ingedien is.
Alle openbare skole is versoek om die volgende toelatings-tydraamwerk van die WKOD na te kom:
- Skooltoelatings open op Dinsdag, 10 Maart 2026
- Skooltoelatings sluit op Dinsdag, 14 April 2026
- Ouers sal per e-pos, van die uitkoms in kennis gestel word op 28 Mei 2026
- Ouers moet die plek aanvaar of afkeur, op die WKOD se webwerf, asook per e-pos by Laerskool Kenridge, tussen 28 Mei 2026 en 15 Junie 2026
Rig asseblief alle inskrywingsnavrae aan die Laerskool by (021) 976-3046 of aan Hanri Heystek (Inskrywings) – admissions@kenridge.org.za
Enige oneerlike of verkeerde inligting wat tydens die aansoekproses ingedien word, kan daartoe lei dat die aansoek afgekeur en/of gediskwalifiseer word deur die Skool se Beheerliggaam of die WKOD.
Enige navrae rondom die WKOD sisteem kan gestuur word aan: wced.admissions@westerncape.gov.za
