2027 Graad 2-7 Oorplasingsaansoekproses
Alle openbare skole is verplig om by die volgende tydlyne vir oorplasingsaansoeke, soos deur die WKOD bepaal, te hou:
- Oorplasingsaansoeke open: 3 Augustus 2026
- Oorplasingsaansoeke sluit: 17 Augustus 2026
- Ouers word van die uitslag in kennis gestel: 16 September 2026
- Ouers moet die plasing aanvaar of afwys: Tussen 16 September 2026 en 30 September 2026
WKOD Oorplasingsaansoek: Kriteria en Prosedure (Kriteria 1-6)
- Aanlyn WKOD-Oorplasingsversoek (Kriteria 1-3)
Oorplasingsaansoeke wat onder Kriteria 1–3 val, moet gedurende die voorgeskrewe aansoektydperk aanlyn via die WKOD-portaal ingedien word. Maak asseblief seker dat alle vereiste stawende dokumente, soos deur die WKOD voorgeskryf, saam met die aansoek opgelaai word.
- Kriteria 1: Hoogste Graad bereik (vordering binne WKOD-stelsel)
Hierdie kriterium is van toepassing wanneer ‘n leerder die hoogste graad wat by sy/haar huidige skool aangebied word, voltooi het en na die volgende graad by ‘n ander skool moet vorder.
- Kriteria 2: Verandering van Werkplek (Ouer/Wettige Voog)
Hierdie kriterium is van toepassing wanneer ‘n ouer of wettige voog nuwe werk aanvaar, wat dit onprakties maak vir die leerder om die huidige skool by te woon.
- Kriteria 3: Verandering van Woonadres
Hierdie kriterium is van toepassing wanneer die leerder se primêre woonadres verander, wat beduidende logistieke of reisuitdagings meebring.
Om te registreer en u oorplasingsaansoek aanlyn in te dien, klik asseblief op die skakel hieronder:
Skakel: 2027 Graad 2-7 Oorplasingsaansoekproses
Sodra die portaal oopmaak, klik op die ikoon “All Other Grades Applications / Transfers” om u oorplasingsaansoek te begin.
- Direkte Skoolaansoeke (Kriteria 4–6)

Oorplasingsversoeke wat onder Kriteria 4–6 val, word verwerk deur die amptelike WKOD-Oorplasingsversoekvorm volledig te voltooi en dit, tesame met alle vereiste stawende dokumente, direk by die skool in te dien. Slegs suksesvolle oorplasingsversoeke sal deur die skool op die WKOD-stelsel vasgelê word.
- Kriteria 4: Geverifieerde Kwesbaarheidsrisiko
Hierdie kriterium is slegs van toepassing in geverifieerde gevalle waar daar gedokumenteerde bewyse van ‘n werklike risiko van skade aan die leerder bestaan en waar voortgesette bywoning van die huidige skool, die leerder se veiligheid en welsyn in gedrang bring.
- Kriteria 5: Toegang tot Mediese of Sielkundige Ondersteuning
Hierdie kriterium is van toepassing wanneer ‘n leerder gespesialiseerde mediese of sielkundige behandeling benodig wat nie naby die huidige skool beskikbaar is nie, en waar deurlopende toegang tot dié behandeling noodsaaklik is vir die leerder se onderwys.
- Kriteria 6: Onder Staatsorg
Hierdie kriterium is van toepassing wanneer ‘n leerder onder die sorg van die staat is of deur maatskaplike dienste geplaas is.
Om ‘n oorplasingsaansoek vir ‘n leerder aan te vra, stuur asseblief ‘n e-pos aan Hanri
Heystek by admissions@kenridge.org.za om die WKOD-Oorplasingsaansoekvorm te ontvang.
- Ander Oorplasingskategorieë
Die volgende oorplasingskategorieë vorm nie deel van die outomatiese aanlyn oorplasingsproses nie. Gesinne wat onder een van hierdie kategorieë ‘n oorplasingsversoek wil indien, moet die skool direk kontak om ‘n WKOD-Oorplasingsversoekvorm aan te vra. Suksesvolle oorplasingsversoeke sal daarna deur die skool op die WKOD-stelsel vasgelê word.
- Oorplasing van een openbare skool na ‘n ander openbare skool binne dieselfde voorstad
- Oorplasing van ‘n onafhanklike (privaat) skool na ‘n openbare skool
- Oorplasing van tuisonderrig na ‘n openbare skool
- Oorplasing van ‘n Skool vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes (LSOB) na ‘n openbare skool
- Ouervoorkeur
Om ‘n oorplasingsaansoek vir ‘n leerder aan te vra, stuur asseblief ‘n e-pos aan Hanri
Heystek by admissions@kenridge.org.za om die WKOD-Oorplasingsaansoekvorm te ontvang.
Wanneer u die oorplasingsaansoek indien, moet alle vereiste stawende dokumente na die WKOD-portaal opgelaai word.
Maak asseblief seker dat u die volgende dokumente gereed het, voordat u met u oorplasingsaansoek begin:
- Bewys van woonadres (slegs ‘n munisipale rekening of ‘n gesertifiseerde, geldige huurooreenkoms, met ‘n minimum termyn van een jaar, sal aanvaar word)
- Gesertifiseerde afskrif van die leerder se geboortesertifikaat
- Gesertifiseerde afskrif van die biologiese ouer(s) se identiteitsdokument(e)
- Jongste amptelike skoolrapport (2026, Kwartaal 1 en 2)
- Gesertifiseerde afskrif van die leerder se Road to Health (immunisasie)-kaart
- CEMIS-nommer(s) van broer(s) en/of suster(s) wat reeds by Laerskool Kenridge ingeskryf is. Die CEMIS-nommer verskyn op die broer of suster se skoolrapport. Maak asseblief seker dat die besonderhede van die broer en/of suster op die WKOD-aanlyn oorplasingsaansoek ingevul word, aangesien hierdie inligting baie belangrik is.
Navrae
Vir alle navrae rakende Graad 2–7 oorplasingsaansoeke, kontak asseblief die kantoor van Laerskool Kenridge by (021) 976-3046 of Hanri Heystek / Shona Basson
of admissions@kenridge.org.za.
_________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________
2027 Grade 2-7 Transfer Request Process
All public schools are required to adhere to the following Western Cape Education Department (WCED) transfer request time frames:
- Transfer requests open: 3 August 2026
- Transfer requests close: 17 August 2026
- Parents are notified of the outcome: 16 September 2026
- Parents must accept or decline the placement: Between 16 September 2026 and 30 September 2026
WCED Transfer Request Criteria & Procedures (Criteria 1-6)
- Online WCED Transfer Request (Criteria 1-3)
Transfer requests falling under Criteria 1-3 must be submitted directly online via the WCED Portal within the specified timeframe. Please ensure all correct supporting documentation required by the WCED is uploaded.
- Criteria 1: Highest Grade Reached (Progression within WCED System): Applies when a learner has completed the highest grade offered at their current school and must progress to the next grade at another school.
- Criteria 2: Relocation of Work (Parent/Guardian): Applies when a parent or guardian secures new employment, making attendance at the current school impractical.
- Criteria 3: Relocation of Residential Address: Applies when the learner’s primary residence changes, resulting in significant logistical or travel challenges.
To register and submit your transfer request online, please click on the link below:
2027 Grade 2-7 Transfer request link
Once you have opened the portal, click on the icon labelled “All Other Grades Applications / Transfers” to begin your transfer request.
- Direct School Applications (Criteria 4-6)

Applications for Criteria 4 to 6 are processed by completing the official WCED Transfer Request form and submitting it, along with all required supporting documentation, directly to the school. Only successful applications will be loaded onto the WCED system by the school.
- Criteria 4: Verified Vulnerability Concern: Applies only in verified cases with documented risk of actual harm to the learner, where remaining at the current school threatens their safety and well-being.
- Criteria 5: Access to Medical or Psychological Support: Applies when a learner requires specialized medical or psychological treatment not accessible near their current school, and continuous access is necessary for their education.
- Criteria 6: Ward of the State: Applies when a learner is under state care or placed through social services.
To request a learner transfer, please email Hanri Heystek at admissions@kenridge.org.za to obtain a Transfer Request Form.
- Other transfer categories:
The following categories do not form part of the automated online transfer system. Families applying under these criteria must contact the school directly to request a Transfer Request Form. Successful applications will subsequently be registered on the WCED system.
- Transfer from one public school to another within the same suburb
- Transfer from an independent (private) school to a public school
- Transfer from home schooling to a public school
- Transfer from a Special Needs Education (SNE) school to a public school
- Parental preference
To request a learner transfer, please email Hanri Heystek at admissions@kenridge.org.za to obtain a Transfer Request Form.
When submitting your transfer request, all required supporting documents must be uploaded to the WCED Portal.
Please have the following documents ready before starting your transfer request:
- Proof of residential address (only a municipal account or a certified, valid lease agreement with a minimum term of one year will be accepted)
- Certified copy of the learner’s birth certificate
- Certified copy of the biological parent(s)’ ID document(s)
- Latest official school report (2026 Terms 1 and 2)
- Certified copy of the learner’s Road to Health (immunisation) card
- CEMIS number(s) of sibling(s) already enrolled at Kenridge Primary School. The CEMIS number can be found on the sibling’s school report. Please ensure that the sibling details are captured on the WCED online transfer request, as this information is very important.
Enquiries
For all Grade 2–7 transfer request enquiries, please contact the Kenridge Primary School office on (021) 976-3046 or Hanri Heystek or Shona Basson
at admissions@kenridge.org.za.




